Hawe Nuus - 18 September 2011
Baie Welkom aan al ons lidmate en besoekers. Ons vertrou dat hierdie erediens 'n spesiale ontmoeting met die lewende God sal wees.Nuwe Lidmate: Baie welkom aan u. Voltooi asb. die volledige vorm by die Inligtingstoonbank. Dit is belangrik om u inligting deur te gee sodat ons so spoedig moontlik met u kan kontak maak.
PROGRAM VIR VANDAG
08:00 Lidmate gebed : Gebedskamer
09:00 Oggenddiens : Ds. Dirk Human(Gebedssondag)
Kinder- & Kleuterkerk : Onderskeie lokale
Deurkollekte : CM Rade
11:00 Diens by Oranjehof : Ds. Dirk Human
TEE EN KOFFIE NA AFLOOP VAN DIE OGGENDDIENS IN DIE KERKSAAL
16:00 Belydenisklas : Konsistorie
17:00 Jeugdiens/selle : Ds. Deon Holtzhausen
18:30 Aanddiens : Prof. Hennie Stander
Lief en Leed
SIEKESJan Engelbrecht
Michelle Owens - Kwaggasrus
Martie Classen
Mariette Jacobs
Leané du Preez
Jimmy Bianchina
Gert Joubert
Michelle van Rhyn
Andre Schoombee
Babs Faragher
FAMILIE
Hendrik Breytenbach - Ma
Corné Rudolph - Pa
Martie Dippenaar - Suster
Martie Dippenaar - Swaer
Stina Buys - Ma
Cynthia Schunke - Skoonsuster
Susan Prinsloo - Swaer
Innige Simpatie aan Amanda & Yolande Flemix met die afsterwe van Amanda se ma.
Maak van Baniere
Wilna De Beer het die taak opgeneem om vir die kerk baniere te maak. Maandag, 3 Oktober vanaf 10:00 tot 12:00 wil sy begin. Kontak haar (0798991687) asb. Indien jy nie daardie oggend haar kan kom help nie is daar wel werkies wat jy by jou huis kan doen om haar te kan help.
Joshua Manne Ontbyt: Saterdag, 15 Oktober
Joshua Mannebediening het ontbyt by Café @ the Ranch om 08:00. Ons gasspreker is Hykie Berg (wenner van Survivor). Hy kom gesels oor “Vurke en Keuses in my Lewenspad”. Pa’s en hulle hoërskoolseuns is baie welkom. Kostes sal binnekort deurgegee word. Ons wil graag ’n deel vanuit die Joshua Mannebediening subsidieer. Kontak vir Deon by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eredienste onder Konstruksie
Die Erediensbeplanningsgroep is in ‘n proses om ons eredienste ‘n beter voertuig te maak vir God se werking. Hulle benodig persone om die Here met hulle gawes te kom dien soos bv. met die beligting, tegnies, drama, musiek, ens. Kontak Sonja White (0767941529) / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of die kerkkantoor.
Manne Werkbesoeke
Net ‘n herinnering dat alle mans welkom is om afsprake met Deon te maak vir ‘n besoek by hulle werk. Kontak hom asseblief by 082 822 9700 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .
Projek Lente tot Herfs Projek: Dankie-Sê-Bottels
Die uitdeel van ons Dankie-Sê-Bottels is ‘n geleentheid om ons dankbaarheid aan God te bewys. Hierdie projek gaan oor ‘n tydperk van ‘n paar maande strek. Volgende jaar gedurende Herfs gaan daar ‘n spesiale Sondag wees vir die inhandiging van die bottels. Indien die bottels voor die tyd vol is kan dit natuurlik ook ingehandig word. Na afloop van die oggenddiens is daar bottels in die ingangsportaal, neem asb. een bottel per gesin.
Basuin Artikels
Ons volgende basuin wil ons spoedig weer op die rak bring, maar ons benodig nog asb. artikels en foto’s. As daar iets is wat julle moontlik met die res van die gemeente wil deel, stuur asb. dit per e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kontak die kerkkantoor (011 973 4916).
Gholfdag: 15 September
Baie dankie aan almal se bydrae om die gholfdag ‘n groot sukses te maak.
Spesiale Jeugdiens: 25 September 2011
Alle ouers en hul tieners word uitgenooi om hierdie spesiale diens by te woon om 17:00 by die kerk.
Oupa & Ouma Sondag: 16 Oktober
Al die oupa’s en ouma’s word uitgenooi om saam met hulle kinders en kleinkinders hierdie baie spesiale oggenddiens by te woon.
Selgroepe
Kerkraad het dit goedgekeur dat die selgroepe betrokke raak by ‘n broodjie projek by Kempton Hoër. Dit behels dat die sel elke 10de Dinsdag 40 broodjies en 40 vrugte gee. Hoe meer selgroepe betrokke is, hoe minder beurte gaan die sel kry. Raak asb. deel van die projek en maak ‘n verskil in ‘n kind se lewe. Kontakpersoon Stina Buys 082 803 8880.
Beskikbaarheid van Leraars
Dr. Hugo is saam met die seniors vanaf 18 – 25 September.
Ds. Dirk is vanaf 20 - 22 September gedurende die dag nie beskikbaar nie. Kontak asb. vir Sonja White (0767941529) as daar dringend met een van die leraars kontak gemaak moet word.
Belydenisklas – Seën Aand : Saterdag, 8 Oktober
Hierdie geleentheid sal nie plaasvind soos aangedui op die kalender nie.
Nuwe Lidmate Funksie : 28 Oktober
Al ons nuwe lidmate word uitgenooi om hierdie aand saam met ons te kom kuier. Indien daar nuwe lidmate is wat nog nie hierdie funksie bygewoon het nie, julle is ook baie welkom. By die inligtingstoonbank is ’n naamlys, gee asb. ons jou naam en kontak besonderhede en ons sal julle spoedig kontak.
Hanna & Samuel : DVD & Glase
Die DVD van ons Bybelspel opvoering kan bestel word @ R50.00, by die Inligtingstoonbank is ‘n lys verskaf asb. julle besonderhede en daar sal met julle kontak gemaak word wanneer dit beskikbaar is. Daar is nog glase van die opvoerings @ R45.00 vir ‘n stel van 3, by die inligtingstoonbank beskikbaar.
Belangrike datums om te onthou die week:
19/09 : 10:00 Bybelstudie Oranjehof
: 18:30 Bedieningsraadvergadering
20/09 : 10:30 Tee in Rye (Oranjehof)
21/09 : 09:00 Bybelstudie
: 18:00 Bybelstudie
: 19:00 Bybelskool
Gereelde Byeenkomste in die week
Sondag 08:00 Gebedskruik (Gebedskamer)
14:30 Go-Gi-Bo (Dansgroep) (Kerksaal)
Maandag 18:30 “Step of Faith” (Kerk)
Dinsdag 18:30 Krealof (Kerksaal)
Woensdag 05:15 Mannebiduur (Koinoniakamer)
08:00 Personeelvergadering (Koinoniakamer)
18:00 Kidz-for-Jesus (Jeuglokaal)
Donderdag 08:00 Personeelvergadering (Koinoniakamer)
18:00 Oggenddienswerkspan (Jeuglokaal)
18:00 Aanddienswerkspan (Koinoniakamer)
18:30 Gebedskruik (Koinoniakamer)
19:00 Majesta Musiekgroep (Kerk)
SKDB: SINODE HOëVELD: BARMHARTIGHEIDSKONFERENSIE: 1 OKTOBER
"Land van Geweld na ‘n Land van Hoop”.
Die spreker vir die dag gaan Hettie Brittz wees wat haar getuienis kom deel met ander, asook Louis Brittz wat die sang gaan waarneem. Dit vind plaas op 1 Oktober hier in ons kerkgebou, vanaf 08:00 tot 13:30; Kostes is R80 p/p. Besprekings is noodsaaklik. Kontak asseblief vir Ester Venter 011 975 8220.
Kliniek: Woensdag : 21 September om 10:00
Daar is kliniek in die Jeuglokaal. Almal baie welkom.
Koffie voor Kerk
Almal (volwassenes en kinders) word genooi om koffie te drink voor kerk wat bedien word deur die Bedieningsraad- en Kompasraadslede. Ons doelwit is om die gemeente in sy geheel te laat deel in ‘n heerlike koppie koffie.