Get Adobe Flash player

Teken hier Aan

Gee jou mening

Hoe voel jy oor 2012?

Registreer om te kan stem.

Baie Welkom aan al ons lidmate en besoekers. Ons vertrou dat hierdie erediens 'n spesiale ontmoeting met die lewende God sal wees.

Nuwe Lidmate: Baie welkom aan u. Voltooi asb. die volledige vorm by die Inligtingstoonbank. Dit is belangrik om u inligting deur te gee sodat ons so spoedig moontlik met u kan kontak maak.

PROGRAM VIR VANDAG:
08:00   Lidmate gebed  :  Gebedskamer
09:00   Oggenddiens  :  Prof. Hennie Stander
Geen aanddiens

Siekes:                                              Familie:
Jan Engelbrecht                          Hendrik Breytenbach - Ma
Michelle Owens - Kwaggasrus      Corné Rudolph - Pa
Martie Classen                          Martie Dippenaar - Suster
Rina Lessing                             Adri Louw - Ma
Leané du Preez                         Stina Buys - Ma
Kian Wilbers                             Cynthia Schunke - skoonsuster
Gert Joubert                             Susan Prinsloo - Swaer
Christa Hattingh                        Martie v.d. Merwe - Suster
Arthur Hoole                             Lenie Horn - Ma
Piet Brits                                  Zak & Ronel v.d.Merwe - kleinkind
Lana  Bruwer                            Conrad & Kemp v.d. Merwe - Ma
Marius Venter                           Miemie Kleynhans - Suster

Al die gereelde byeenkomste sal weer vanaf 22 Januarie in aanvang neem.  Al hierdie inligting is op die kalender aangedui.

Gebedsgroep
Indien daar persone is wat ‘n behoefte het aan gebed, is hulle welkom om die gebedsgroep na die diens in die gebedskamer te ontmoet. (Gebedsgroep is elke Sondag beskikbaar).  Versoeke kan in die gebedsbak op die liturgiese ruimte of in die houtkassie in die ingangsportaal, geplaas word, waaraan die gebedsgroep weekliks aandag gee.  Navrae Arthur Hoole by 0795354611.

Jeugkamp: 2012
Volgende jeugkamp sal wees 31 Augustus tot 2 September 2012.  Die volle bedrag beloop R490.00.  Die deposito van R100.00 moet asb. so gou as moontlik betaal word.  Kontak asb. vir Netta v.d. Walt 07211235802 vir enige navrae.

Kerkkalenders 2012
Die kalenders sal beskikbaar wees, Sondag, 22 Januarie by die inligtingstoonbank en gedurende die week by die kerkkantoor. Die gemeente word vriendelik gevra om slegs een per huis te neem aangesien daar net ‘n beperkte aantal gedruk is.

Volgende Sondag, 22 Januarie
09:00 Oggenddiens (Toewydingsdiens)
Opening Kinderkerk
Leidstersvergadering na afloop van die oggenddiens
17:00 Begin van die Jeugdiens/selle
18:00 Nagmaaldiens

Basaar : 2 Maart
Ons basaar vir die jaar is weer ophande.   Indien daar persone is wat op die basaarkomitee wil dien moet asb. die vergadering van 23 Januarie om 18:00 bywoon.

Storie Muur
Ons “STORIE MUUR” projek het reeds afgeskop.  Groot opgewondenheid bestaan vir die reis wat ons as gemeente gaan onderneem deur ons geskiedenis en hoe God ons gelei het. Ons gaan die geskiedenis indeel in 4 tydperke (1968 – 1980;  1981 – 1990;  1991 – 2000;  2001 – 2011/12).  Kry asseblief solank vir ons inligting, foto’s en stories bymekaar.

Projek Lente tot Herfs Projek: Dankie-Sê-Bottels
Die uitdeel van ons Dankie-Sê-Bottels is ‘n geleentheid om ons dankbaarheid aan God te bewys.  Hierdie projek het oor ‘n tydperk van ‘n paar maande gestrek.  Ons gaan ‘n spesiale Sondag in  herfs hê spesiale  vir die inhandiging van die bottels.  Na afloop van die oggenddiens is daar bottels in die ingangsportaal, neem asb. een bottel per gesin.