Get Adobe Flash player

Teken hier Aan

Gee jou mening

Hoe voel jy oor 2012?

Registreer om te kan stem.

Hawe Nuus - 25 September 2011

Baie Welkom aan al ons lidmate en besoekers. Ons vertrou dat hierdie erediens 'n spesiale ontmoeting met die lewende God sal wees. Nuwe Lidmate: Baie welkom aan u. Voltooi asb. die volledige vorm by die Inligtingstoonbank. Dit is belangrik om u inligting deur te gee sodat ons so spoedig moontlik met u kan kontak maak.

PROGRAM VIR VANDAG:

08:00   Lidmate gebed        :    Gebedskamer
09:00   Oggenddiens             :    Ds. Deon Holtzhausen
    Kinder- & Kleuterkerk        :    Onderskeie lokale
    (Afsluiting vir die kwartaal)
    Deurkollekte            :    Effata
GEEN TEE EN KOFFIE NA AFLOOP VAN DIE OGGENDDIENS
16:00     Belydenisklas            :    Konsistorie
17:00     Jeugdiens/selle         :    Ds. Dirk Human
18:30    Aanddiens            :    Dr. Hugo van der Linde

LIEF EN LEED
Siekes
Jan Engelbrecht               
Michelle Owens - Kwaggasrus       
Martie Classen                  
Mariette Jacobs               
Leané du Preez           
Jimmy Bianchina           
Gert Joubert               
Andre Schoombee           
Familie
Hendrik Breytenbach    - Ma
Corné Rudolph        - Pa
Martie Dippenaar    - Suster
Martie Dippenaar    - Swaer
Stina Buys        - Ma
Cynthia Schunke    - Skoonsuster
Susan Prinsloo        - Swaer
Martie v.d. Merwe    - Suster

Baie Geluk  Ds. Deon wat Dinsdag, 27 September verjaar.  God se seën vir hom en sy gesin.

Maak van Baniere
Wilna De Beer het die taak opgeneem om vir die kerk baniere te maak.    Maandag, 3 Oktober vanaf 10:00 tot 12:00 wil sy begin.  Kontak haar (0798991687) asb.   Indien  jy nie daardie oggend haar kan kom help nie is daar wel werkies wat jy by jou huis kan doen om haar te kan help.

Joshua Manne Ontbyt:  Saterdag, 15 Oktober
Joshua Mannebediening het ontbyt by Café @ the Ranch om 08:00.  Ons gasspreker is Hykie Berg (wenner van Survivor).  Hy kom gesels oor “Vurke en Keuses in my Lewenspad”.  Pa’s en hulle hoërskoolseuns is baie welkom.  Kostes sal binnekort deurgegee word.  Ons wil graag ’n deel vanuit die Joshua Mannebediening subsidieer.   Kontak vir Deon by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Eredienste onder Konstruksie
Die Erediensbeplanningsgroep is in ‘n proses om ons eredienste ‘n beter voertuig te maak vir God se werking.  Hulle benodig persone om die Here met hulle gawes te kom dien soos bv. met die beligting, tegnies, drama, musiek, ens.  Kontak Sonja White (0767941529) / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of die kerkkantoor.

Manne Werkbesoeke
Net ‘n herinnering dat alle mans welkom is om afsprake met Deon te maak vir ‘n besoek by hulle werk. Kontak hom asseblief by 082 822 9700 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .

Buiteleweklub: Wegbreek Naweek: 4 – 6 November
Almal wat graag die laaste vir die jaar, saam wil wegbreek na Amegos Karavaanpark te Ventersdorp.  Kontak asb. vir Nico Erasmus (0829287805) of Tjaart van der Walt (0825786282) vir meer besonderhede.

Projek Lente tot Herfs Projek: Dankie-Sê-Bottels
Die uitdeel van ons Dankie-Sê-Bottels is ‘n geleentheid om ons dankbaarheid aan God te bewys.  Hierdie projek gaan oor ‘n tydperk van ‘n paar maande strek. Volgende jaar gedurende Herfs gaan daar ‘n spesiale Sondag wees vir die inhandiging van die bottels.  Indien die bottels voor die tyd vol is kan dit natuurlik ook ingehandig word.  Na afloop van die oggenddiens is daar bottels in die ingangsportaal, neem asb. een bottel per gesin.

Basuin Artikels
Ons volgende basuin wil ons spoedig weer op die rak bring, maar ons benodig nog asb. artikels en foto’s.  As daar iets is wat julle moontlik met die res van die gemeente wil deel, stuur asb. dit per e-pos  aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kontak die kerkkantoor (011 973 4916).

Spesiale Jeugdiens: 25 September 2011
Alle ouers en hul tieners word uitgenooi om vanaand se spesiale nagmaaldiens by te woon om 17:00 by die kerk.  Na afloop van die diens gaan almal lekker koffie drink en saam kuier in die kerksaal.

Inhandiging van Peg vorms
Almal wat peg vorms geneem het word net herinner om asb. hulle vorms saam met die geld by die inligtingstoonbank vandag in te handig.  Baie dankie vir almal se samewerking.

Oupa & Ouma Sondag: 16 Oktober
Al die oupa’s en ouma’s  word uitgenooi om saam met hulle kinders en kleinkinders hierdie baie spesiale oggenddiens by te woon.

Selgroepe
Kerkraad het dit goedgekeur dat die selgroepe betrokke raak by ‘n broodjie projek by Kempton Hoër.  Dit behels dat die sel elke 10de Dinsdag 40 broodjies en 40 vrugte gee.  Hoe meer selgroepe betrokke is, hoe minder beurte gaan die sel kry.  Raak asb.  deel van die projek en maak ‘n verskil in ‘n kind se lewe.  
Kontakpersoon Stina Buys 082 803 8880.

Nuwe Lidmate Funksie : 28 Oktober
Al ons nuwe lidmate word uitgenooi om hierdie aand saam met ons te kom kuier.  Indien daar nuwe lidmate is wat nog nie hierdie funksie bygewoon het nie, julle is ook baie welkom.  By die inligtingstoonbank is ’n naamlys, gee asb. ons jou naam en kontak besonderhede en ons sal julle spoedig kontak.

Gebedsgroep
Indien daar persone is wat ‘n behoefte het aan gebed, is hulle welkom om  die gebedsgroep na die diens in die gebedskamer te ontmoet.
(Gebedsgroep is elke Sondag beskikbaar).  Versoeke kan in die gebedsbak op die liturgiese ruimte of in die houtkassie in die ingangsportaal, geplaas word, waaraan die gebedsgroep weekliks aandag gee. Navrae Arthur Hoole by  0795354611.

Hanna & Samuel : DVD & Glase
Die DVD van ons Bybelspel opvoering kan bestel word @ R50.00, by die Inligtingstoonbank is ‘n lys verskaf asb. julle besonderhede en daar sal met julle kontak gemaak word wanneer dit beskikbaar is. Daar is nog glase van die opvoerings @ R45.00 vir ‘n stel van 3, by die inligtingstoonbank beskikbaar.

Belangrike datums om te onthou die week:
26/09    :    10:00    Bybelstudie Oranjehof
28/09    :    09:00    Bybelstudie
            :    18:00    Bybelstudie
            :    19:00    Bybelskool

Gereelde Byeenkomste in die week
Sondag        : 08:00    Gebedskruik                - Gebedskamer
                     14:30    Go-Gi-Bo (dansgroep)                    - Kerksaal
Maandag      : 18:30    “Step of Faith”  (band)            - Kerk
Dinsdag       : 18:30    Krealof  (dansgroep)            - Kerksaal
Woensdag    : 05:15    Mannebiduur                  - Koinoniakamer
                  : 08:00    Personeelvergadering            - Koinoniakamer
                   18:00    Kidz-for-Jesus (dansgroep)        - Jeuglokaal
Donderdag    : 08:00 Personeelvergadering            - Koinoniakamer
                  : 18:00    Oggenddienswerkspan                  - Jeuglokaal
                    18:00    Aanddienswerkspan            - Koinoniakamer
           18:30    Gebedskruik                 - Koinoniakamer
           19:00    Majesta Musiekgroep            - Kerk

SKDB: SINODE HOëVELD: BARMHARTIGHEIDSKONFERENSIE:  1 OKTOBER
 “Land van Geweld na ‘n Land van Hoop”.
Die spreker vir die dag gaan Hettie Brittz wees wat haar getuienis kom deel met ander, asook Louis Brittz wat die sang gaan waarneem.  Dit vind plaas op 1 Oktober hier in ons kerkgebou, vanaf 08:00 tot 13:30; Kostes is R80 p/p.  Besprekings is noodsaaklik kontak asb vir  Ester Venter 011 975 8220.  

“Kyk hoe Hol Hulle.....” komiese toneelopvoering: 21 & 22 Oktober
Hierdie toneelopvoering gaan op die planke wees vir hierdie 2 dae.  Dit word baie hoog aanbeveel    .  Kaartjies is beskikbaar vanaf 2 Oktober by die inligtingstoonbank of by die kerkkantoor.  Volwassenes R40.00 en l/kinders R25.00.

Koffie voor Kerk
Almal (volwassenes en kinders) word genooi om koffie te drink voor kerk wat bedien word deur die Bedieningsraad- en Kompasraadslede.  Ons doelwit is om die gemeente in sy geheel te laat deel in ‘n heerlike koppie koffie.