Get Adobe Flash player

Teken hier Aan

Gee jou mening

Hoe voel jy oor 2012?

Registreer om te kan stem.

08:00   Lidmate gebed: Gebedskamer
Deurkollekte: Casa Caritas
09:00   Oggenddiens: Prof Hennie Stander
09:00 Kinder- en Kleuterkerk in die onderskeie lokale

TEE, KOFFIE en EETGOED TE KOOP NA AFLOOP VAN DIE OGGENDDIENS IN DIE SAAL

16:00  Belydenisklas: Konsistorie
17:00  Jeugdiens/selle: Ds. Dirk Human
18:30  Aanddiens: Dr Hugo van der Linde

Lief en Leed
Siekes Familie
Jan Engelbrecht
Michelle Owens - Kwaggasrus
Martie Classen
Rina Lessing
Leané du Preez
Roelof Coertze
Gert Joubert
Theuns Hanekom
Drienie Brits
Piet Brits
Sonja White
Arthur Hoole
Dries v.d. Westhuizen
Jan van Deventer
Hendrik Breytenbach - Ma
Corné Rudolph - Pa
Martie Dippenaar - Suster
Adri Louw - Ma
Stina Buys - Ma
Cynthia Schunke - Skoonsuster
Susan Prinsloo - Swaer/kinders
Lenie Horn - Ma
Martie v.d. Merwe - Suster
Conrad & Kemp v.d. Merwe - Ma
Annemarie De Wet - Suster










 


Baie Geluk aan Francois Gouws & Nadia Olivier met hul huweliksbevestiging, Vrydag,17  Februarie.

Belangrike datums om te onthou die week:

13/01     : 10:00 Bybelstudie Oranjehof
             : 18:30 Kpmpasraadvergadering
15/02     : 09:00 Bybelstudie
             : 18:00 Bybelstudie
             : 19:00 Bybelskool                                  

Gereelde Byeenkomste
Sondag: 08:00   Gebedskruik - Gebedskamer
             14:30   Go-Gi-Bo (dansgroep) - Kerksaal
Maandag: 19:00   Dameskoor - Kerk
Dinsdag: 18:00   Promised - Kerk
           : 18:30   Krealof  (dansgroep) - Kerksaal
Woensdag: 05:15   Mannebiduur - Koinoniakamer
                 18:00   Kidz-for-Jesus (dansgroep) - Jeuglokaal
Donderdag: 08:00   Personeelvergadering - Koinoniakamer
               : 18:00   Oggenddienswerkspan - Jeuglokaal
               :18:00   Aanddienswerkspan - Koinoniakamer
               :18:30   Jeug band - Saal
               :18:30  Gebedskruik - Koinoniakamer
               :19:00  Majesta Musiekgroep - Kerk

Verpligte Doopkursus
Alle doopouers wat moontlik nog wil doop is verplig om die doopkursus by te woon.   Die volgende datums is deur die Bedieningsraad  voorgestel, en een van die maande kan deur die doopouers gekies word om by te woon:
18 + 25 Februarie vanaf 09:00 – 13:30;
1 + 8 + 15 Maart vanaf 18:30 -21:30;
14 + 21 April vanaf 09:00 – 13:30;
8 + 15 + 29 Mei vanaf 18:30 – 21:30
6 + 9 Junie vanaf 09:00 – 13:30.

Kerkbasaar: 2 Maart vanaf 17:00 tot laat
Die voorbereiding vir ons basaar vorder baie goed en ons sê baie dankie vir almal se bydrae sover. 

  • Daar sal stalletjies beskikbaar wees indien iemand van sy produkte wil bekendstel.  Die kostes beloop vir die huur van ‘n tafel @ R100.00 + 10% van die verkope.  Kontak asb. die kerkkantoor vir bespreking of meer besonderhede.
  • Ons benodig nog baie artikels vir die wit olifant.  As daar artikels is wat in julle pad is en wat nog wel bruikbaar is, skenk dit asb. aan die wit olifant tafel.
  • Daar is basaarlyste by die Inligtingstoonbank asook in die afkondigings, indien jy nog nie een ingevul het nie vra ons dat jy asb. een vir ons voltooi en by die toonbank inhandig.
  • Al die persone wat belowe het om te help met die boerewors rolle, roosterkoeke, mielies braai en die pap en sous, moet asb. na afloop van die oggenddiens voor die kerkkantoor bymekaar kom, Jan Bekker sal julle daar ontmoet.
  • Almal wat een of ander vorm van boere musiek instrument kan bespeel ontmoet asb. vir Danie van den Berg op die liturgiese ruimte.
  • Ons is op soek na borge vir die rou vleis, indien daar persone wat kan help sal dit baie waardeer word.

Leraars huisbesoeke
Die leraars poog hierdie jaar om gemeentelede te besoek en ‘n persoonlike gesprek met hulle te hê.  By die Inligtingstoonbank is twee lyste wat deur persone wat ‘n behoefte het, die nodige inligting in te vul.  Lys nr 1 is ‘n huisbesoek en lys nr 2 ‘n groepsbyeenkoms met een van die leraars by die kerk.

Bybels:
Die kinderkerk benodig Afrikaanse bybels vir kinders in ons gemeente.  Indien daar bybels is wat nie gebruik word in julle huis nie vra ons asb. om dit na die kerk te bring sodat ons hierdie kinders kan voorsien van hulle eie bybel.

Vroue-in-Aksie: Dolfyne
Al die dames van die Dolfyne groep is moet asb. na die oggenddiens op die verhoog bymekaar kom, Charlotte van der Linde sal julle daar ontmoet.

Bevestiging van Kerkraadslede (Kompasraad)
Baie geluk en baie welkom aan  Gertjie Erlank wat verkies is Kerkraadslid. 

Bedieningsraad lede funksie: Vrydag, 17 Februarie
Alle lede asook hulle gades word uitgenooi om ‘n braai by te kom bywoon om 18:00 by die kerk.   Bring net julle eie eetgerei en drinkgoed saam.  Die res sal voorsien word.  Bevestig asb. bywoning met Frans by die Inligtingstoonbank.

W v.d. Colff: Oekraïne Sendeling
Ons is opsoek na vrywilligers om as deel te vorm van die ondersteuningspan vir die  Oekraïne sending.  Kontak asb. vir Ds. Dirk of Dr. Hugo vir meer inligting.

Kindernagmaal: 19 Februarie om 09:00
Al die ouers word uitgenooi om Nagmaal saam met hulle kinders in die saal te gebruik.

Nagmaal: 19 Februarie in Ouditorium
Indien daar persone is wat moontlik kan help met die voorbereiding en bediening van die nagmaal volgende Sondag, ontmoet asb. vir Erik Cilliers in die voorportaal na afloop van die oggenddiens.

Bybelstudiestukke
Al die selleiers moet asb. na die oggenddiens hulle bybelstudiestukke asook die DVD afhaal by Kiewiet Vermaak agter in die saal.

Selgroepe

  • Indien daar persone is wat wil inskakel by ‘n selgroep, ontmoet asb. vir Kiewiet Vermaak agter in die saal.
  • Opleiding aan Selgroep leiers vind plaas op Saterdag, 17 Maart vanaf 09:00 tot 12:00 in die konsistorie. Ons versoek asb. dat al die leiers hierdie opleiding by te woon.

Bybelskool  Tema: “Word ‘n volledige mens om voluit te kan leef”
Hierdie kwartaal se Bybelskool, soos julle sal merk, is anders as vorige geleenthede, maar beloof om een van die beste kwartale te wees.  Die kostes beloop R60.00 per persoon vir die hele kwartaal. Indien jy net een lesing wil bywoon beloop die kostes R20.00 per persoon.  Die gemeente se samewerking word gevra om aan almal te vertel, aangesien hierdie bekende sprekers ‘n fooi vra.

Datum

Spreker

Hoedanigheid

Tema

15/02/ 2012

om 19:00

Dr. Woltemade Hartman

Kliniese sielkundige

“Bou jou trots en ontdek só ʼn sinvolle lewe!”

22/02/ 2012

om 19:00

Prof. Ernst Krüger

Biokinetikus

Quo Vadis – ʼn gesonde liggaam en fisieke oefening

29/02/ 2012

om 19:00

Cecile Van Niekerk

Dieetkundige

Om gesond te eet

07/03/2012

om 19:00

 

Anton Swanepoel               

Finansiële Kenner

Om jou finansies reg te hanteer

14/03/ 2012

om 19:00

Ds. Nati Stander

Predikant

Om na jou geestelike lewe te kyk


Herfsland: Vrywilligers
Herfsland benodig vrywilligers by ‘n verskeidenheid projekte.  Meer besonderhede is by die kennisgewingbord of kontak die kerkkantoor