U
itreike
Bonaeropark NG Gemeente se roeping is om 'n HAWE vir mense te wees; 'n hawe waarna ons mense INBRING, hulle VERSORG, TOERUS en weer UITSTUUR om in die wêreld 'n verskil te gaan maak. Een terrein waar daadwerklike verskille sigbaar is, is die Uitreikbediening. Hierdie bediening sluit die volgende uitreike in: Uitreiksorg (voedsel, Karavaanpark, klerebank en Beskermde werksplek); Tugela Ferry, Mabibi; Wêreld; Thembisa; Gemeenskap; Tronk; Pub Church; Opleiding, CHOC Pretoria Divisie en Bybelverspreiding. U ondersteuning in die vorm van finansiële bystand, kositems vir die koskas en klere vir die klerebank is van onskatbare waarde.
Gemeente Bydraes
Tugela Ferry 2009
Bonaeropark Gemeente is sedert 1997 by hierdie gemeenskap betrokke, en besoek hul jaarliks tydens die Junie skoolvakansie. Die afgelope aantal jare het soveel wonderwerke plaasgevind: mense het hul tot die Here gewend al sou dit beteken dat hulle met hul lewens sou boet. Die afgelope nege jaar het ongekende herlewing beleef met die stig van vyf buite gemeentes as deel van Rock of Life Church. Vier kerkies is al gebou waarby Bonaeropark Gemeente betrokke was asook die oprigting van plekke van bewaring vir Vigs-kinders. Tydens 2009 se besoek is heelwat take soos rakke opgesit; kaste ingebou, algemene herstelwerk is verrig. Drie groente tonnels is ook opgerig. Die span het besoeke gebring aan Hospice; Church of Scotland, klinieke en die gevangenis.
Mabibi-uitreik 2010
Mabibi is 'n plekkie aan die Noordkus van Natal, tussen Kosibaai en Sudwana, langs Mabibi is 'n groot varswater meer Lake Sibya wat een van die grootste varswatermere in die Suidelike halfrond is. Enkele Gemeentelede het al verskeie kere daar gekamp maar ongelukkig net as jy 'n 4x4 voertuig het en 'n "off roader karavaan" anders is dit tente, gas of batterye. Hierdie gesinne het in 2009 weer gekamp en die nood van 'n gemeenskap en 'n vervalle skool raakgesien en na die stem van God geluister. Nou ja, die res is geskiedenis. Die Mabibi Primary School het letterlik uitmekaar geval en daar was 20 jaar laas enige werk gedoen. Die Uitreik was van die begin af 'n absolute gebedsaak, want daar was so baie dinge waaroor besluit moes word.
• Hoor ons die stem van die Here reg? Dis 'n lang en moeilike pad, 11 ure se reis op slegte
paaie en diep sand.
• Gaan dit wat ons wou doen, werk?
• Gaan ons die nodige middele en fondse kry?
• Gaan daar mense wees wat bereid sal wees om onder moeilike omstandighede te gaan bly.
Kotie Hanekom
082 822 0917