Ons probeer om in al die aktiwiteite die beste moontlike, bekosbare tegnologie te gebruik. Só het ons so 3 jaar gelede begin met die lewendige uitsending van ons Eredienste, Aanvanklik was dit net eers Audio en 'n ruk daarna ook in video. Ons is baie opgewonde oor beide die media-vorms waarin ons kan uitsaai. Dít het meegebring dat ons Gemeente glad nie meer grense het nie en mense van reg oor die wêreld skakel Sondae in op ons Eredienste.
Baie dankie aan almal wat dit moontlik maak om met die internet beeldsendingsdienste aan te gaan. Dit kos maandeliks heelwat om die beeldsending van die Eredienste moontlik te maak. Daar is steeds 'n tekort van ongeveer R2 300.00 per maand om kostes te dek.
'n Hoogtepunt was die “Skype” met Gerhard Snyman vanuit Nederland tydens 'n erediens. Hy het met die Gemeente gedeel hoe hy, vanuit sy sitkamer in Nederland, die diens geniet. So het mense en wyke wêreldwyd kennis begin neem van Bonaeropark NG Gemeente.
Ons kan nou ook die beeldsending se video’s op die webtuiste plaas wat enige tyd afgelaai kan word. As daar enige iemand is wat sal belangstel om by die kerk se tegnologie betrokke te raak, kontak my gerus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .
Charl Marais
083 228 2019