Het jy versorging nodig?
Karin Botha is ’n maatskaplike werker wat oor ’n professionele span van sowel vrywillige as opgeleide lidmate beskik wat met haar saamwerk. Hierdie span bedien verskillende terreine soos siekes tuis en in die hospitale, mense met beproewing, krisis en trauma asook mense met ’n behoefte aan bemoediging en ondersteuning. Wanneer jy hulp nodig het of weet van iemand wat hulp nodig het, moenie huiwer om hulle te nader nie.
Indien jy ’n spesifieke leraar wil spreek, is jy welkom om hom direk te skakel.
Jou kort gids tot die Versorgingbediening:
- Sê ons daarvan: As ons nie weet nie, kan ons nie help nie! Skakel die kerkkantoor , dan help ons so gou as moontlik.
- Trauma: Die beradingspan is toegerus om te reageer wanneer jy ons benodig. Veral wanneer jy ’n slagoffer van onder andere geweld is,wil ons dadelik daar wees vir jou. So ook enige ander vorm van trauma.
- Persoonlike probleme: Twyfel, vrees, depressie, eensaamheid,huweliksprobleme, probleme by die werk,gesinsprobleme ensovoorts. Die leraars of ons spesialiste is gereed om te help.
- Ek wil help as vrywilliger: “Ek kan ondersteun, bemoedig, nasorg vir siekes doen of senior lidmate bystaan.”
Skakel asseblief die bedieningskoördineerder, Karin Botha, by die kerkkantoor en vertel ons by watter diensgroep jy wil inskakel.