Get Adobe Flash player

Teken hier Aan

Gee jou mening

Hoe voel jy oor 2012?

Registreer om te kan stem.

Ons gemeente glo dat God elke persoon geroep het om 'n dissipel van Christus te wees en ons is almal priesters (1 Pet. 2:9) is.
Ons wil terugkeer na die Bybelse Model van Efesiërs 4: Elke gelowige is dus 'n dienskneg in diens van God om God se Koninkryk uit te bou en sy Liggaam (die kerk) op te bou. Die bediening is gemik daarop om ons gemeentelede toe te rus vir hul diens en Leiers toe te rus in hul leierskap rol in die kerk.

Die Bybelskool is 'n bediening waarop ons baie trots is. Op uitnemende en interessante maniere bied Prof. Hennie Stander ons bybelskool aan. Daar is elke Kwartaal 'n ander reeks wat bestaan uit Temas, Bybelboeke of ander relevante onderwerpe. Hierdie is 'n moet vir elkeen wat meer wil leer en groei in die verstaan van God se Woord. Elke klas en kursus het praktiese toepassing vir vandag.Deur hierdie bediening groei ons gemeente in diepte.

Die Netwerkkursus is 'n kursus wat elke lidmaat help om sy gawe te ondek wat die Here hom/haar gegee het. Elkeen van ons ontvang gawes van die Here vir ons dienswerk. Die kursus help lidmate om hul gawes te onderskei. Hierdie kursus help ook elkeen verstaan wat sy/haar persoonlikheid is, passie en hoe dit alles saam met die gawes kan werk. Ons help ook met konsultasie persone om te sien
by watter bediening die persoon volgens sy/haar persoonlikheid en styl die beste sy/haar gawes, passie hul gawes kan uitleef en so gehoorsaam te wees aan God. Die Netwerkkursus word 'n paar keer per jaar aangebied. Ons wil graag elke lidmaat motiveer om die Netwerkkursus deur te maak. Dit is 'n persoonlike en geestelike verrykende ervaring wat ons help om geestelik te groei omdat ons ontdek wat God my gee en vir watter doel God my hier in die gemeente geplaas het.