Get Adobe Flash player

Teken hier Aan

Gee jou mening

Hoe voel jy oor 2012?

Registreer om te kan stem.


Ons seniorjeug bediening is spesifiek gemik op jongmense tussen 12 jaar oud tot 18 jaar. Die seniorjeug word gekenmerk deur 'n relevante, eietydse benadering en kommunikeer die goeie nuus van Jesus op 'n manier wat verstaanbaar is in vandag se taal.
Kampe, musiek, video, jeugselle, jeugdienste en vele ander lekker dinge vorm deel van hierdie dinamiese beweging.
Kategese gebeur deur die Jeuselle wat jongmense stimuleer om op ‘n interaktiewe manier te leer van die Evangelie.

Jeugdiens: Sondae 17:00. Jeugselle: Sondae na die Jeugdiens tot 18:45

Studente en jong volwassenes vind hulle tuis as deel van die “20 SOMETHINGS”.
Hierdie jong volwassenes vind kreatiewe nuwe maniere om mekaar te dien en Jesus te verheerlik deur middel van kampe,
weeklikse samekomste, sosiale byeenkomste, omgeegroepe, eietydse aandienste en uitreike.