Get Adobe Flash player

Teken hier Aan

Gee jou mening

Hoe voel jy oor 2012?

Registreer om te kan stem.
Die huwelik/gesin is die grondslag van 'n samelewing. Geskiedenis het bewys dat daar samelewings is wat verdwyn het as gevolg van die verval van die huwelik/gesin. Daarom is dit ons passie om nie net gemeentelede, maar ook die gemeenskap toe te rus en voor te berei vir die uitdagings waarvoor hulle te staan kom in verskillende stadiums van hul lewe.

Teikengroepe:
Verliefdes; Verloofdes; Jong getroudes; Ou getroudes; Mans; Vroue; Kinders; Tieners; Jong volwassenes; Ouers met klein kindertjies; Ouers met tieners; Ouers met student; Oupas en Oumas; Enkelouers; Geskeides; Alleenlopers; Gesinne wat 'n gesinslid verloor
het deur die dood.

Vorm wat dit gaan aanneem:
Video/DVD seminare; Sprekers; Werkswinkels; Saamgesels geleenthede.

Ons verwelkom graag voorstelle vir:
Onderwerpe vir bespreking; sprekers wat ons kan uitnooi.

Behoeftebepalingsvraelys:
Ons wil graag een en almal aanmoedig om die kort vraelys te voltooi. Ons beoog om 'n soortgelyke vraelys op te stel vir tieners en laerskool
kinders. Ons hoop om sodoende aan werklike behoeftes aandag te gee. Die vraelys is beskikbaar by die toonbank asook op die webwerf.

Toekomsvisie:
Om ondersteuningsgroepe te vorm in die wyer gemeenskap van Kempton Park.

Kontak gerus vir Danilla indien jy hier betrokke wil raak.